Afrikaanse Satelliettelevisie logo

WELKOM

AUGUSTUS HOOGTEPUNTE

Onthou asb om by ons facebook groep aan te sluit: https://www.facebook.com/pages/Afrikaanse-Satelliet-Televisie-ASTV/191643584228319

HIER IS 'N KORT VIDEO OOR ASTV https://vimeo.com/87098738

DIE KANAAL "VIR ONS MENSE"

Onthou, ons open elke dag met 'n boodskap van Angus Buchan in FAMILY TIME en so sluit ons die dag ook af.

Elke Sondag oggend om 09h00 word die vorige Sondag se LIGPUNT AANDDIENS uitgesaai. 'n Nuwe LIGPUNT EREDIENS word dan die aand om 18h00 uitgesaai. Past. Simon Niewenhuizen van Schweizer Reneke lei die bediening.

Ons maak ook tyd vir pragtige GOSPEL musiek in die oggende en op Sondae. Ons hoop dat ons daardeur elkeen kan motiveer en positief voorberei vir die week.

KAROOLUS EN LENTE is 'n groot gunsteling onder die kleinspan. Elke weeksdag om 07h00 en 17h00, Saterdae 08h00 en Sondae 08h30 kan die kleingoed hulle plekke inneem voor ASTV.

VASKAP elke Donderdagaand om 19h30! Al die varswater hengelaars, sit reg vir die beste raad en wenke aangebied deur Loutjie Louwies, Proteahengelaar.

Met ons VASKAP klub gaan dit steeds baie goed. Ons het al heelwat lede en kry daagliks nog by! Dankie vir julle ondersteuning VASKAPPERS! Julle help dat hierdie gewilde program op die lug bly. Diegene wat nog nie aangesluit het by die klub nie, DOEN DIT SOMMER DADELIK. Besoek asb www.vaskap.net en vul die vorm met jou besonderhede in sodat ons met jou kan kontak maak. Volg die stappe: Daar is 'n VASKAP KLUB kategorie. Klik op die "sluit aan by die klub" opsie. Klik op die "vorm" opsie. Die vorm neem 'n rukkie om oop te maak. Vul die vorm in en klik op die "stuur die vorm" opsie. Adverteerders wat graag van die geleentheid wil gebruik maak om op die VASKAP webblad te adverteer teen sakpas pryse skakel asb vir Annie Louwies by 082 739 7269 of volg die skakel op die VASKAP webblad.

BAASSPEURDER. Die fokus van die program sal nie noodwendig op die gruwelike details, of die psige van die kriminele konsentreer nie, maar dit sal eerder na die rol van die speurders en polisie kyk, asook hoe hulle te werk gaan om die misdadiger te vang. Elke episode sal fokus op die storie agter die gebeurtenis, plus die gate in die misdadiger se stories wat tot sy ondergang gelei het. Nuwe episode elke Woensdag om 19h00.

IN DIE KOLLIG is 'n leefstylprogram aangebied deur Sarahann Doherty. Saam met ander bekendes besoek hulle interessante mense en dorpe. Nuwe episode elke Dinsdag 19h30.

KABOUTERKLINIEK. ASTV bied ‘n opwindende nuwe program oor voorgeboorte en algemene kindersorg aan. Kabouterkliniek sal verwagtende ouers inlig oor al die fasette van kinders en wat om presies te verwag as jy verwag. Die talentvolle en beeldskone Lelia Etsebeth, wie tans ook swanger is, bied die program aan saam met ons eie klinieksuster, Megan Whiley

EKSIEPERFEKSIE word aangebied deur Eileen Bredenhann. In hierdie program vind Eileen by professionele skoonheidsterapeute en instansies meer uit oor medies estetiese prosdures en behandelings, ons kyk na kwessies soos gewigsverlies, oefening, aanvullings vir swanger dames ens... Nuwe episode elke Dinsdag om 20h00.

KOS IS OPPIE TAFEL. Aangebied deur die immergewilde Willie Strauss. Hy wys jou hoe om vyfster geregte self in jou eie kombuis met alledaagse bestanddele voor te berei. Nuwe episode elke Maandag om 19h30.

KOM BRAAI se nuwe seisoen begin weer hierdie maand. As jy lief is vir braai skakel gerus in elke Dinsdag om 19h00.

Ons besoek mense in interessante beroepe en vind by hulle uit wat dit verg van ‘n mens om te doen wat hulle doen. Ons lig die kyker in oor die beroep : waar die beste plek is om die spesifieke kwalifikasies te kry, hoe lank 'n mens moet swot, sowel as om advies aan kykers te gee wat moontlik so ‘n loopbaan wil inslaan. WONDER WERKE. Nuwe episode elke Woensdag om 19h30.

Kom saam met Steyn Fourie in WIELE VIR SIELE, op die Campus Crusade 40ste Verjaardag Sendingfietstoer. In samewerking met Campus Crusade, Die Jesus Film projek en Athletes in Action besoek ons dorpe reg oor Suid Africa met die goeie nuus van Jesus Christus, deur middel van sport uitreike, skool optredes en Jesus Film vertonings.14 dae, 1700km. Elke Vrydag om 19h00.

AGTERPAD is 'n nuwe reis- en gesels program met aanbieder Bouwer Bosch. Ons besoek die Wes-Kaapse platteland en leer meer vanuit die inwoners se stories en ervarings. Op hierdie persoonlike reis deel Bouwer sy gedagtes met die kykers, en vertel oor hoe die mense se stories hom inspireer. Kom reis saam en sien plekke wat jy tien-teen-een nog nooit van gehoor het nie! Elke Vrydagaand om 19h00.

Stuur daardie spesiale boodskap aan familie en vriende. Tydens KLANKBAAN word jou SMS lewendig tydens gewilde Suid-Afrikaanse musiekvideos uitgesaai. Elke Saterdag 16h00 tot 17h00.

Het jy al ooit gewonder wat op ‘n stel van rolprente plaasvind? Wat dit eintlik verg om ‘n rolprent te vervaardig? Hier is jou kans om uit te vind. ASTV, bied die opwindende nuwe reeks, OP STEL aan. Die program fokus op plaaslike films en gee jou die geleentheid om te sien wat agter die skerms aangaan.

In MY STORIE kom vertel bekende Afrikaanse sangers hulle stories agter hulle bekendste liedjies. Elke Donderdag om 18h30.

Koop jou OpenView HD dekodeerder hier en kyk gratis en verniet TV (geen maandelikse subskripsiefooi nie!):

OK Furnishers,

Jet Mart,

Pick n Pay,

Hirsch's,

Extreme Discounters,

Game,

Dion Wired,

Makro,

House & Home,

Hi Fi Corporation,

Beares Furnishers,

Checkers.